Spoggerige leefstylhuis te koop in Die Oog – meer as net ‘n aftreeoord!

Mookgophong
House • 3 bed. • 2 bath. • 1389 sq ft (129 m²) • ref: dd59103f-d17c-4b32-9e4b-d6f6ad2f328c
$66,857

Hierdie pragtige woning is geleë in die gewilde Die Oog Aftreelandgoed en bied alles wat jy nodig het vir gemaklike, veilige en aktiewe aftrede.

Die gevestigde tuin is volledig omhein en maklik om te onderhou – perfek vir diegene wat wil tuinmaak sonder oorweldigende instandhouding. Die ruim lapa, toegerus met seilkante en ‘n ingeboude braai, is ideaal vir onthaal of rustige kuier.

‘n Skuifdeur lei na die leefarea wat bestaan uit ‘n eetkamer en sitkamer – ‘n oop, vloeiende ruimte waar jy tuis sal voel. Die huis spog met teëlvloere, dakwaaiers, blindings voor sekere vensters, en stylvolle houtkaste, asook ingeboude-kaste regdeur.

Die kombuis is ‘n ware hoogtepunt met granietblaaie, ‘n gastoof, uitvanswaaier en ingeboude oond. Daar is ook ‘n netjiese binnehowe met ‘n wasbak en wasgoedlyn – prakties en gerieflik.

Twee gasteslaapkamers met ingeboude kaste bied genoeg slaapruimte vir familie (daai oulike kleinkinders!) en vriende, en die gastebadkamer is netjies en funksioneel.

Die meester-slaapkamer is ‘n luukse toevlug – dit sluit ‘n kleedkamer in wat lei na ‘n volle en stylvolle en-suite badkamer met 'n pragtige hoekbad.

Die Oog is veel meer as net ‘n aftreeoord – dit is ‘n lewenstylbestemming.

Met uitstekende geriewe soos 'n verhitte swembad, tennisbane, 'n boulveld, staproetes, en wild wat vrylik tussen die huise beweeg binne die beveiligde natuurreservaat, leef jy elke dag met vreugde en vryheid. Daar is ‘n aktiewe gemeenskap met verskeie groepsaktiwiteite soos lyn-dans, jukskei, fietsry, tafeltennis, swem, ‘n waterglybaan, pooltafel en selfs minigholf.

Die oord bied ook ‘n 24-uur sorgsentrum vir gemoedsrus, ‘n eetsaal waar smaaklike maaltye daagliks bedien word, asook ‘n klein winkel vir daaglikse benodigdhede en maklike wegneemetes wanneer jy iets vinnigs wil hê.

Hierdie eiendom is ‘n uitmuntende keuse vir dié wat hul goue jare in vrede en styl wil leef – omring deur natuur, aktiwiteite en moderne geriewe.

Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop nie – kontak die eiendomsagentskap wat aangewys is as die Beste Residensiële Eiendomsagentskap in Suid-Afrika vir 2024. Jou nuwe huis wag op jou in Die Oog!

Spaces

Floors1
Bedrooms3
Bathrooms2
Garages (inside)1
Parking lots (outside)6

Surfaces

Living area1389 sq ft (129 m²)
Garage
Swimming pool

Mookgophong/Modimolle

The agent has not provided the exact address for this property. You can request it here.
Golf
Hospital clinic
Park
Shops
ID7002001-85810